Supermassiewe swartkolk

Die supermassiewe swartkolk in die middel van die groot elliptiese sterrestelsel Messier 87 in die sterrebeeld Maagd. Sy massa is na raming miljarde kere so groot soos die Son s'n.[1] Dit is die heel eerste swartkolk wat regstreeks afgeneem is, deur die Event Horizon Telescope. Die foto is op 10 April 2019 uitgereik.[2]

’n Supermassiewe swartkolk is ’n swartkolk met ’n massa van tussen 105 en 1010 sonmassas. Wetenskaplikes is oortuig daarvan daar is supermassiewe swartkolke in die middel van die meeste sterrestelsels, ook ons eie Melkweg.

  1. Oldham, L. J.; Auger, M. W. (Maart 2016). "Galaxy structure from multiple tracers - II. M87 from parsec to megaparsec scales". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 457 (1): 421–439. arXiv:1601.01323. Bibcode:2016MNRAS.457..421O. doi:10.1093/mnras/stv2982.
  2. https://www.theguardian.com/science/2019/apr/10/black-hole-picture-captured-for-first-time-in-space-breakthrough

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne